Word jou kind geboelie?

Vind uit met hierdie 3 Kreatiewe Aktiwiteite.

EN hoe om dit te hanteer.

Gepubliseer op 28 Mei 2021 deur Lorette Dye 

Dit is een van elke ouer se grootste vrese; dat sy kind die slagoffer van boelie-gedrag word.

 

Maar kinders steek weg en praat nie, so hoe kan ek seker wees dit gebeur nie met my kind nie? En as hy geboelie word, hoe ernstig is dit en wat presies gebeur met hom?

 

Menige ouers het al gesug en gesê hul wens die lewe was eenvoudiger en makliker vir hulle kinders. Aan die ander kant is ons as ouers soms so besig dat ons nie werklik oplet wat in ons kinders se lewens gebeur nie of ons besef nie die intensiteit daarvan nie.

 

Dit is altyd makliker om van buite iets af te skryf as ‘nie so erg nie’ en dat ‘n kind dit net nie so ernstig moet opneem nie, maar as jy aan die ontvangkant is, is dit altyd erger as wat dit van buite lyk. 

 

Met kinders moet ons ook verstaan dat hulle baie sensitief vir verwerping en  afkeuring is en dat hulle nog nie die vaardighede het om met seerkry en swaarkry te deel nie. Ons as volwassenes sukkel daarmee so waarom verwag ons dat ons kinders dit enigsins makliker sal kan hanteer. Dus, moenie as dit vir ‘n kind swaar is dit afskryf as ‘nie so ernstig’ en ‘jy sal  okay wees’ nie. 

 

Maar hoe gemaak as die kind nie wil praat nie en jy weet nie eens dat hy geboelie word nie. Hier is 3 maklike en kreatiewe maniere, wat uit kunsterapie geleen is, wat enige ouer kan gebruik om uit te vind wat regtig met hulle kind gebeur.

Hier is 3 Maklike Aktiwiteite om met jou kind te doen om vas te stel of hy/sy geboelie word. 

  • A3 papier
  • Kleurpotlode
  • Vetkryte
  • Verf

Weet jy hoe om 

Voel jy as mamma soms onseker oor 

Wil jy graag mense help deur Kuns as terapie medium te gebruik?

Hou jy van kreatief wees en besef jy die waarde wat kuns het as n vorm van terapie?

Is jy die een wat jou vriende altyd nader vir advies of om net te luister na hulle probleme?

Lorette Dye

BA(Psyc); THLdip; BA (CW); MA(Psyc-spes in Art Therapy and molestation)

Creator of the Arts Therapies Counselling Course from the Art Healing Academy

Lorette Dye

Lorette Dye is a Counsellor with training in Psychology and Art therapy, a lecturer, a published author and a missionary. She has a BA (Psych), Diploma (THL), BA (CW), MA (Psych) (with specialization in Art Therapy and the effects of sexual molestation).

She is a sought-after speaker and was invited to speak at the 46th AATA annual conference in Minneapolis, USA on intercultural working in Art Therapy. Her book titled 'Art therapy / Using Art techniques across cultural and race boundaries' was published in 2017 by a leading British publisher (Jessica Kingsley Publisher). She is also the author of "The Strepco-approach to therapy" (with a chapter on Art therapy).

She founded the Art Healing Academy in South Africa to equip entry or mid-level individuals as Arts Therapies Counsellors (not as Art Therapists), using art as a medium to do counselling with individuals or groups. Lorette's passion is to make a difference by helping disadvantaged communities across Africa through Art Therapy. Her missionary work has taken her across ten different African countries, where she delivers training in Counselling including in Art therapy. Lorette has lived in China as well as in Indonesia, and currently resides in South Africa.

Copyright 2021 - Art Healing Academy

1. Alleen in die wereld

Dit is altyd makliker om te se iets is nie so erg nie en n kind moet dit nie so ernstig opneem nie, MAAR as jy aan die ontvangkant is, is dit altyd erger as wat dit van buite lyk.

Dan is hierdie dalk net die geleentheid vir jou.  

Kliek op die skakel en vind meer uit oor ons kursus om n kunsterapieberader te word!

BA (Psych), Diploma (THL), BA (CW), MA (Psych) (with specialization in Art Therapy and the effects of sexual molestation)

Met die oefeninge is dit goed as julle dit saam doen maar elkeen sy eie werk doen. Probeer om ‘n gemaklike en ontspanne atmosfeer te skep. Sit musiek aan waarvan jou kind sal hou en maak iets om te drink vir julle voor die tyd of sê jy gaan dit maak sodra julle klaar is. Jy kan ook iets om aan te peusel uitsit. Verduidelik wat julle gaan doen maar moet glad nie verder leiding gee, aanmerkings maak of wat hy doen of sê kritiseer nie. Jy kan wel positiewe aanmoediging gee, maar moet dit nie oordryf nie! Maak seker jy is rustig en ontspanne. Afhangende van jou kind en hoe vinnig hy werk en hoeveel emosionele energie hy het, sal jy die 3 oefeninge dalk op 3 verskillende tye moet doen.

Stap 1:

As jy heeltemal alleen op die aarde sou wees, hoe sou dit lyk? Teken of verf hoe jy dink dit sou wees.

Stap 2:

Teken of verf nou aan die regterkant al die goeie goed wat jy sal verloor as jy alleen in die wêreld was.

Stap 3:

Teken of verf aan die linkerkant al die slegte goed wat jy sal verloor en agterlaat en wat jy glad nie sal mis nie as jy alleen in die wêreld was

 Stap 4:

 Verduidelik elke ding wat jy geteken het, met ‘n woord wat jy langs dit neerskryf. 

Jy Benodig:

Opdrag:

Ekstra Wenke:

As jou kind nog baie jonk is of baie onwillig, volg die vinniger weergawe:

Gebruik ‘n A4 papier, volg stap 1.

Vra dan dat hy jou vertel wat die persoon wat nou so alleen in die wêreld is oor huil wat hy nie meer het nie (jy kan dit dan vir hom neerskryf of woorde uit ‘n tydskrif soek wat dit verteenwoordig.) 

Hy kan ook ‘n prentjie uit ‘n tydskrif soek wat wys wat hy gaan mis en dit aan die regterkant plak (met die metode is dit beter as jy nog steeds ‘n A3 papier gebruik.)

Laastens, vra waaroor die persoon lag en bly is wat nou nie meer in sy lewe is nie.

(Jy kan dit ook opvolg deur hom te vra wie die lelike kinders/mense is wat hy eerder nooit weer wil sien nie en -as ‘n aparte opvolgvraag- wat maak hulle so lelik. Met die deel kan jy saam met hom stem en dus sy grootste ondersteuner word in alles wat hy sê – maak seker dat jy dit nie, soos ‘n juffrou, as ‘n leergeleentheid sien nie, maar net luister en ondersteun met sinne soos; ‘jinne, dis baie lelik’ en ‘dit is baie erg’ ens.) 

Laastens kan jy vra hoe hy daaroor voel of wat hy daarvan dink.  

  • Kussing
  • Tou
  • Papier

Bind die tou om die kussing en hang dit op soos ‘n bokssak. 

Teken ‘n gesig op die papier en sit dit vas aan die kussing, met die tou is die beste.

Maak beurte met jou kind om die kussing te boks terwyl die ander een die kussing vashou en die bokser aanmoedig.

Elkeen moet sê vir wie hy kwaad is en boks (m.a.w. wie word deur die gesig verteenwoordig), dan moet hy ook sê hoekom hy kwaad is vir die persoon.

Jy sal verbaas wees hoeveel meer inligting jy kry en dit dien ook as ontlading vir jou kind as hy wel geboelie word.

Jy Benodig:

Opdrag:

2. Die Bokser

  • Karton (dun karton soos wat jy sal gebruik vir posters)
  • Papier
  • Swart Koki
  • Pen
  • Verf/Kleurkryte of ander dinge waarmee hy kan versier

Sny vierkante uit die karton van 10cm x 5cm. Vou dit in die helfte en laat dit regop staan asof dit ‘n dakkie is wat op sy eie staan. Dit is jou posbus. Maak ‘n paar. Skryf op elkeen ‘n naam van iemand totdat jy genoeg posbusse het vir elke belangrike persoon in jou kind se lewe. Die mense waarvan hy hou se posbusse kan hy versier daarvolgens en die waarvan hy nie hou nie kan hy ook daarvolgens versier. 

Sny nou reghoeke uit die papier. Laat hy ‘n boodskap skryf vir elke persoon en in sy posbus sit. Hy kan dit met jou deel of hy kan kies om dit nie met jou te deel nie.

Hierdie oefening help hom om dit wat hy voel in woorde te sit en om aan dit uiting te gee. Al deel hy wat hy skryf nie met jou nie, sal dit makliker vir hom wees in die toekoms om dit wel te sê.

Jy Benodig:

Opdrag:

3. Posbusse

Hoe help ek my kind as hy wel geboelie word?

Daar is ‘n paar dinge wat verskriklik belangrik is en wat jy reg moet doen as jy jou kind effektief wil help as hy wel geboelie word:

1. Sit die onderwerp op die tafel

Neem die verantwoordelikheid as ouer om die onderwerp op die tafel te sit en oop te maak vir bespreking. Jy behoort te weet wanneer jou kind op sy rustigste is, miskien is dit in die kar as julle ry en julle luister na musiek, miskien is dit as hy reeds in die bed is net voor hy aan die slaap raak. Kies hierdie tyd om die onderwerp te lig. Sê ‘n eenvoudige sin soos: ‘ek hoor baie kinders word geboelie by die skool, dit is so sleg dat  party kinders ander boelie.’ As hy dan iets wil sê, wees rustig en luister selfs as dit iets is wat jy voel is nie relevant nie. Volg dit op deur iets soos die volgende: ‘As iemand ooit jou seermaak of lelik met jou is, moet jy vir my sê, want jy is my kind en ek wil altyd daar wees vir jou as jy deur iets wat swaar is gaan’.

Ouers is geneig om op elke ding wat hulle kind sê of doen te reageer deur raad te gee, vir hulle te sê wat hulle moet doen of om die geleentheid te gebruik om aan hulle lewenslesse te probeer leer. Haal net asem, wees rustig en luister. Skep ‘n omgewing waar hy voel hy kan enigiets sê want hoe meer hy so voel, hoe meer sal hy sê wat rerig in sy kop is.

2. Wees bereid om net te luister en nie iets te doen nie

Almal wil voel of hulle emosies geregverdig is en dat hul emosies nie beteken dat iets verkeerd is met hulle nie. Wat jou kind nodig het is dat sy emosies erken word. Dit sal help dat sy self-twyfel verminder (ons bevraagteken altyd onsself as ons die slagoffer is. Ons vra bv.: ‘Is ek nie net oorsensitief nie?’ of ‘Miskien verdien ek dit’. En moenie vergeet nie, enigiemand wat geboelie of mishandel word voel skaam daaroor, hanteer dit dus met sensitiwiteit. As jy sy emosies erken, sal dit ook help dat hy, wat met hom gebeur, beter kan hanteer want hy weet iemand gee om en hy staan nie alleen nie. 

3. Wees Empaties

Maak nie saak wat jou kind met jou deel nie, moenie skok of woede wys nie. Meeste ouers se eerste instink is om af te gaan teenoor die kind wat die boelie is en te verbaliseer hoe ‘n slegte mens hy is, hoe kwaad hulle is en wat hulle aan hom gaan doen. Glo my, dit help jou kind glad nie. Dit sal net veroorsaak dat hy toeskulp en niks verder wil sê nie en meer ontsteld voel omdat hy ‘jou ontsteld gemaak het’. Bly rustig en luister na hom, sê bv.: ‘Ek is jammer dit gebeur met jou’ en ‘Dankie dat jy my vertel’.

4. Moenie Kwaad Word of Skok Wys Nie

Die eerste prys is altyd dat jou kind leer om dit self te hanteer as hy geboelie word want in die lewe sal daar altyd mense wees wat ander afbreek en boelie, selfs as grootmense moet ons dit hanteer. Dit sal hom ook laat voel dat hy sterker is as wat hy gedink het en enigiets kan hanteer in die toekoms. 

Hier is ‘n paar moontlike maniere wat jy hom kan bemagtig:

In sy binne-wêreld

  • Dit is hulle, nie jy nie

Leer hom om te dink as daar negatief na sy kant toe kom dat dit nie iets slegs van hom sê nie, maar iets slegs van die wat dit aan hom doen of van hom sê. Dit klink logies maar die realiteit is dat ons almal dit as ‘n refleksie op ons vat as mense negatief teenoor ons reageer of optree. Dit affekteer ons self-beeld en laat ons sleg oor onsself voel. Help jou kind om dit te verander.

  • Ek is beter en sterker as dit

Leer hom om deurlopend self-versterking te doen en homself te herinner en te glo dat hy beter en sterker is as die wat hom afbreek; emosioneel en geestelik. Hy is die een wat, nie net ‘n goeie mens is nie, maar ook sterk genoeg is om bo dit uit te styg en dit te oorwin. 

  • Dit sê nie wie ek is nie

Die belangrikste is dat hy weet wie hy is. Versterk al sy goeie punte en sê vir hom wat hom waarde gee bv. sy goeie hart, hoe hy met mense is ens. Herinner hom dat mense nie besluit en kan sê wie hy is nie, maar dat wat hy self weet en dit is waarop hy moet gaan. M.a.w. jou waarde word bepaal deur wie jy is, nie deur die boodskappe wat ander vir jou gee nie.

In sy aksies

  • Tree op asof jy baie sterk is en nie bang is nie

Ongelukkig word kinders wat swak lyk en optree erger geboelie as ander. Leer jou kind om sy kop op te lig, ander in die oë te kyk en terselfdertyd te dink ‘ek is beter as jy en jy is nie die moeite werd om voor bang te wees nie’. Wat jy dink, voel ander aan en daarom is dit so belangrik dat jou kind die regte boodskap dink, voel en uitstraal. Dit maak die boelie versigtiger. 

5. Leer Hom Vaardighede

  • Moenie kwaad word nie

Leer hom om nie kwaad te word nie, hy is sterker en beter as dit en dit versterk die boelie gewoonlik net. In plaas van kwaad word, gebruik dieselfde energie om sterk te word. ‘n Houding van ‘jy sal my nie onderkry of wen nie’ is die beste.

  • Vat beheer

Moenie net staan en dit vat nie. Leer hom as hy gereeld geboelie word, moet hy ‘n groepie om hom kry, ‘n onderwyser wat hy kan vertrou vir hulp vra of een van die groter kinders wat hom kan bystaan en die boelie sal laat terugstaan.

Wanneer om op te tree

As ouers wil ons net inspring en ons kind help maar die eerste keuse moet wees om hom te leer om self op te tree en eers ‘n paar dinge te probeer om homsself te beskerm. Die rede is dat jou kind baie bemagtig en trots op homself sal voel en weet dat hy in die toekoms homself sal kan beskerm as hy dit nou regkry. Jy leer jou kind ook hoe om probleme te hanteer. 

As dit egter lank aanhou of baie intens is, is dit beter om in te tree. Kontak die die hoof of ouers van die kind wat jou kind boelie. As dit nie help nie, skuif jou kind sodat hy nie die boelie hoef te sien of te hanteer nie. Soms is dit nodig dat ons drastiese veranderinge maak om sodoende weg te kom van slegte omstandighede en onsself te omring met goeie mense wat vir ons omgee en met respek hanteer.